Seisoene (Afrikaans gedig)

Literaly just a fish with legs in a top hat riding a unicycle.


 Seisoene


Jolige, dansende, spelende groen

Laggend vreugde oor die Wêreld te saai

Oral is daar nuwe lewe in bloem

Maar die lente is darem al te fraai


Blare val soos vlinderkies deur my drome

Nog net ‘n paar blaarkies wat bly vasklou

Dalend om vaal kaal kleurlose bome

Om die draai lag winter in sy mou


Buite dwaal die kaal winter se kou

Wêreld gedek met ‘n wit duin kombers

Die skrale blou kou wat om my wil vou

Binne net een geel vonk se laaste gekners


Dan skielik is daar lig ‘n soet soet lig

‘n onbekende seisoen in sig


 copyright reserved © Autism on Demand 2026

Comments

Popular posts from this blog

Poem: My Hovel

Poem: The Speedy Toad